top of page

Reynhardt

Shannon +

25 JUNIE 2022

ONS STORIE

IMG_9004.jpg
IMG_8966.jpg

“my hart het joune raakgesien toe sy reg was daarvoor. ‘n onverwagste tweede ontmoeting wat uitgeloop het op liefde waarna ek al lankal verlang.”

​

Saam in laerskool, saam in hoërskool.  Op 10 Junie 2011 het reynhardt die moed om die eerste keer die ja-woord te vra by Serengeti net buite Groblersdal en hulle begin uitgaan.  Shannon is ‘n jaar ouer en dit word ‘n langafstand verhouding.  Van 2013 – 2015 studeer hul beide by Tuks en Shannon spandeer die meeste van haar tyd by Mopanie koshuis!  Hier ontmoet sy die meeste van Reynhardt se vriende en hou hul kuiers by Mopanie Klubhuis wat altyd onthou sal word!  In 2016 begin Shannon werk en weer het hulle ‘n langafstand verhouding.  Shannon is ‘n juffrou wat haar passie vir kinders uitleef, nie net in die klaskamer nie, maar ook op die sportveld.  Die twee se liefde groei en hul verhouding is sterk genoeg, sodat die langafstand nie hulle van mekaar af weghou nie.

​

Die naweek van 27 Desember 2020 breek aan en Reynhardt neem Shannon na ‘n onvergeetlike romantiese naweek by Nkomazi Private Game Reserve.  Na 9 en ‘n halwe jaar het Reynhardt weer die moed om die belangrikste “ja-woord” te vra.  Reynhardt is baie romanties en tussen die bekoring van die natuur en sy romantiese kant, kan Shannon nie wag om ja te antwoord nie. 

​

Groblersdal is die tuiste van die twee in 2021 en in 2022 verhuis hul na Pietersburg waar Shannon haar passie verder uitleef  by Curro Heuwelkruin.  Reynhardt se strewe na sukses en ambisie is duidelik te sien in sy suksesvolle werk as landboukundige.  Pietersburg se wins is dié twee passievolle mense!

“Imagine falling in love and it works out for the rest of your life!”

Ons Storie
IMG_8462.jpg

ONS TROUDAG

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om jul uit te nooi na die huweliksbevestiging van Shannon Ekman & Reynhardt Meyer

DATUM

VENUE

Saterdag, 25 Junie 2022​

14:00 vir 14:30

De Harte

 206 Rentia straat

Onderstepoort, Pretoria, 0110

​

Volg die padkaart

KLEREDRAG

Semi formeel (geen jeans)

RSVP DATUM

25 April 2022

Ons Troudag
RSVP
Gallery

VERVOER

Ons wil mense wat in Pretoria bly of daar gaan oorslaap graag aanmoedig om gebruik te maak van:

​

Uber

​

Guinea Fowl Shuttle Services

0729704618

(Groep Vriende)

​

Meyer’s Shutlle Service

071 647 9281

(Groep Vriende)

IMG_7953.jpg

BELANGRIKE INLIGTING

+ Kontant kroeg met kaartfasiliteite

+ Metgesel slegs per uitnodiging

+ Ongelukkig geen kinders

 

Vrydagaand:

Almal is welkom om Vrydagaand saam te kom kuier en eet by Batter Boys.

Kuier en Buffet ete Vrydagaand vanaf 17:30 vir 18:00. (koste R240pp)

Laatweet asseblief op die RSVP of jy die Vrydagaand se buffet ete gaan bywoon

​

As jy graag die akkommodasie opsies wil sien - klik hier onder.

Vervoer & Verblyf
Belangrike Inligting

GESKENK IDEES

Ons huisie is klaar geveer, maar ‘n geldjie sal ons baie waardeer!

Geskenk Idees
bottom of page