top of page

dinge

om te doen

Doen wat Stephan en Luna sou doen:

Franschhoek
Begin die dag met ‘n koffie by Terbodore. Maak seker om vir Jack ook hello te sê. (Jack is die lewende weergawe van Terbodore se kenteken, jy sal hom nie mis nie 😉)
Stephan se bestelling: Tin Cup
Luna se bestelling: Cafè Latte
Sien aanwysings

Volgende, besoek die Franschhoek Motor Museum.
Neem kennis dat besoeke slegs toegelaat word per afspraak. Afsprake kan gemaak word op die volgende webtuiste:
Franschhoek Motor Museum
Sien aanwysings

Sluit die dag af met ‘n middagete by Old Road Wine Co. (Besprekings NB)
Ons gunsteling bestelling: Old Road Beef Burger
Sien aanwysings


Stellenbosch
Die volgende is studente-Stephan en -Luna se gunsteling naweek-uitstappie.

Jy sou ons gereeld hier vind. Aanvanklik net vir ‘n koffie, maar ons eindig altyd op met ‘n koffie en ‘n wafel!
De Warenmarkt
Sien aanwysings

Ons kon nie ‘n draai in die dorp maak sonder om by ons gunsteling winkel ook te draai nie (alles binne stap-afstand).
Freedom Of Movement Stellenbosch
Sien aanwysings

Voor ons moet terugkeer na die boeke, ry ons ‘n draai deur Mostertsdrift, bewonder die huise en onthou hoekom ons nou verder moet gaan leer.

EB_edited.png

Designed by Weddings by EB

bottom of page