top of page


LIEFDESVERHAAL
waar alles begin het
2015
Na vier jaar saam op universiteit, ontmoet Eben & Yvonne mekaar vir die eerste keer in die Paarl op hul eerste dag van klerkskap.
2017
Aanhouer wen en die vuur vat vlam!
2022
Na vier jaar verruil Eben & Yvonne die eilandlewe vir `n nuwe avontuur in Ierland!
2026
Eben & Yvonne vier hul Troudag
2016
Vir `n hele paar maande is Eben die getroue ‘vriend’ wat gereeld saam kamp en graag in Struisbaai kom kuier.
2018
Twee kwalifikasies & twee vliegkaartjies later, bevind Eben & Yvonne hulself in die Cayman Islands, wat eintlik net ‘n vinnige 18 maande avontuur sou wees.
2024
Na nóg vele avonture in Europa raak Eben & Yvonne verloof aan die suidelikste punt van Afrika! L’Agulhas – hul hartsplek.
TROUDAG

ONS TROUDAG
ons virewig begin hier
Ons is besonders opgewonde om hierdie spesiale dag met ons gunsteling mense te deel! Uiteindelik!
SATERDAG,
28 MAART 2026
Gaste arriveer om 14h30 | Seremonie begin om 14h45
by Idiom Wines
Da Capo Vineyards, Old Sir Lowrys Pass road,
Somerset West, Cape Town, 7130
Sien aanwysings
Details




1/4
FYNER DETAIL
meer troudag besonderhede
Kontantkroeg met kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.
Metgesel slegs per uitnodiging. Alhoewel ons baie lief is vir kinders, sal die feesviering uitsluitlik vir volwassenes wees.
Ons versoek graag van alle gaste om formeel in swart ons deftige en intieme troue by te woon.


Stay
waar om te oornag
VERBLYFOPSIES
Ons wil graag ons gaste aanbeveel om vroegtydig oornag verblyf in die omgewing te bespreek, asook veilige vervoer na en vanaf die venue. Loer gerus bietjie op Lekkeslaap, Booking.com en AirBnB, maar hier is ook ‘n paar opsies:
Spanish Farm Boutique Hotel & Villas




1/5
TIMELINE
hoe dinge gaan verloop
DIE TYDLYN

14H30
Gaste Arriveer
15H30
Kiekies & konfettie
18H00
Onthaal
20H45
Partytjie tyd!
00H00
Huistoe gaan tyd
14H45
Die koeël is deur die kerk
16H00
Drankies & happies
19H00
Smaaklike ete
23H30
Laaste rondtes




1/5
'n wenkie vir 'n geskenkie
TROUWENSE
Die heel grootste geskenk is jou teenwoordig by ons spesiale dag.
Sou jy graag ‘n geskenkie wou koop, spaar jouself die baie loop.
Vir ons vliegtuigkaartjies heen en weer,
word ‘n geldjie opreg waardeer.
Sien graag ons bankbesonderhede hier.
Wishes
die spesiale dag saam met ons
KOM VIER
RSVP asseblief voor of op 5 Desember 2025.
Ons sien uit om ons spesiale dag saam met jou te vier!
Kontak gerus die bruid of bruidegom vir enige navrae.
Yvonne: +353 83 203 2939
Eben: +353 86 014 1989




1/3
RSVP

bottom of page
























