
Sasha-Lee
Andre
+
12 februarie 2022
No events at the moment
ONS Liefdesverhaal
Ons storie het begin in 2013 toe ons vriendin ons aanmekaar voorgestel het by Ratanga Junction. Ons het nie geweet dat sy ‘n verskuilde agenda gehad het vir die ontmoeting nie! Ons was vir lank eers baie goeie vriende vir so twee jaar voordat ons in ‘n verhouding ingegaan het. Sasha was toe graad 9 en Andre was graad 11. Dit was die regte persoon maar die verkeerde tyd.
So het Sasha elke jaar nogsteeds by die familie kom kuier en was nogsteeds al die jare in kontak gewees met almal. Aan die einde van Andre se eerste jaar het ons weer vir so ‘n tydjie bymekaar gekom, maar dit was nie regtig die regte tyd nie. Ons wou nog baljaar en tekere gaan en jonkwees, as ons dit so kan stel!
Ons albei het toe in ons eie paaie gegaan en na 4 jaar het ons weer in kontak getree. Dit was eintlik baie snaaks! Sasha het vir hom talle kere genooi vir ‘n “Koffie-date”, maar hy was te skaam om in te gee. Na ‘n geruime tyd kon sy dit nie meer hou nie en besluit toe om plaas toe te gaan. En wat doen sy? Sy nooi hom na sy eie huis om saam haar te gaan! Tipies! Van daar af het dinge net opdraend geloop.
Die 26ste April het Andre ook maar weer net ingegee en besluit om haar uit te vra. Dit het gevoel asof ons nog heeltyd bymekaar was in die verlore tyd. Toe het Andre besluit om ‘n ring te laatmaak, maar kon dit nie vir die tydperk wat dit vat vir die ring om gemaak te word, stil te hou nie! Hy het op die ou einde vir Sasha gevra om te trou met sy ma se trouring skelmpies.
Die dag toe die ring uiteindelik gekom het einde Augustus het Andre dit offisieel gemaak en haar gevra om sy vrou te word. Nou ja toe! Nou ken julle min of meer ons storie! Hierdie pad van ons is baie spesiaal en het sy draaie geloop, maar hier is ons nou en is vreeslik gelukkig om ons troudag met julle te deel!


ons troudag

datum
venue
Saterdag, 12 Februarie 2022​
15:00 vir 15:30
Kleredrag
Semi-Formeel
rsvp datum
5 Januarie 2022
Vervoer & Verblyf
Ons stel voor dat mense wat van ver af kom, asseblief verblyf so gou moontlik kan boek, veral die individue wat verkieslik nader aan die troulokaal wil bly.
Vir diegene wat op die troulokaal wil bly, asseblief kontak die volgende nommer:
076 312 7518. Daar is net beperkte aantal verblyf beskikbaar.
​
Vir die wie nie regkom met verblyf nie, bel asseblief vir Sasha vir verdere opsies.
LEKKESLAAP VERBLYF OPSIES
082 784 9571
028 713 3838
082 923 1009
082 451 1765

belangrike inligting
+ Kontant kroeg met kaartfasiliteite
+ Metgesel slegs per uitnodiging
+ Ongelukkig geen kinders
gESKENK IDEES
Ons het mekaar en die liefde blom, maar 'n geldjie sal help as die swaar tye kom.