top of page

Inalie en Conraad

1 JULIE 2023

WAAR ALLES

begin het

Dit het als begin toe twee vriende in ‘n hide gesit en wag het vir ‘n bok om te kom water drink. Wat toe ontaard het in ‘n ernstige gesprek oor die lewe.

Lang storie kort, Inalie se naam het toe in die gesprek opgekom. Conraad het toe gevra dat Bendre hom ‘n foto wys. Toe hy die foto sien vra hy “Hoekom wys jy my nou eers jou niggie?”

Toe Conraad Inalie se eerste jag foto sien was die koeel deur die kerk.

 

‘n Paar weke later skraap Conraad die moed bymekaar en reik uit na Inalie.

Hy ry toe al sy diesel uit van Bloemfontein na Pretoria om te gaan kuier. Hy sit sy beste voetjie voor en betaal ook vir duur etes met sy studente “budget” om Inalie te beindruk.

Maar Inalie dink hierdie is net ‘n vriendskap omdat Conraad nooit ‘n “move” op haar maak nie.

 

Daarna kry hul albei nuwe liefde en het vir ‘n jaar nie kontak met mekaar nie.

 

2016

Conraad kry ‘n Facebook “memory” wat hom herrinder dat hy en Inalie twee jaar gelede vriende geraak het en hy besluit om weer met haar te begin praat.

En so begin die kuiers op Inalie se ouers se plaas naby Reitz.

Met Conraad se eerste kuier op die plaas maak Inalie se pa haar vroeg een oggend wakker en se “Hierdie is ‘n oulike ou, ek hou baie van hom”

 

Ouma Annette het ook die dinge uitgekyk soos net sy kan en dadelik die vonk in ons altwee se ogies raakgesien. Ek dink sy kon toe al sien hier kom ‘n ding.

 

Daardie naweek hoor Inalie ‘n stemmetjie in haar kop wat se “Gee hom ‘n kans”

En net daar raak sy verlief op die blas man met die khaki broekies en Camo parka.

 

Inalie onthou van Conraad se eerste woorde was “Ek sal jou wys dat liefde nie hoef seer te maak nie.” Sy het geweet hierdie man is anders as die res.

 

Na maande se “long distance” trek Conraad Pretoria toe en die verhouding raak ernstig.

Na vele skaaf en skuur, Inalie wat Hoedspruit toe trek vir haar “Zuma” jaar, Conraad wat in Japan gaan rugby speel en soveel ander uitdagings is Inalie na ‘n paar jaar al reg om Conraad se vroutjie te word.

 

Maar soos meeste mans vat Conraad dinge maar baie rustig en kyk die kat eers mooi uit die boom (Bang sy gaan sy jag en visvang van hom wegvat)

 

Conraad trek toe Bloemfontein toe om by die Cheetahs rugby te speel en Inalie pak haar tassies en trek agter die liefde aan.

Na ‘n jaar se intense groei in hulle verhouding het hy uiteindelik sekerheid oor sy trouvrou.

 

En hier is ons nou, 9 jaar later…

Ons weet ons is vir mekaar bedoel en ons vul mekaar so goed aan.

En bowenal is ons liefde vir die Here die fondament van ons verhouding.

 

Kan nie wag vir ‘n lewe lank se avonture saam nie.

Liefdesvehaal
I+C-221.jpg

Met God se vingerafdrukke oral op jou lyf

het jy my kom wys, mens is huis.

Anywhere with you,, eks tuis.

Ons Troudag

01.07.2023

ons troudag

Kom geniet ‘n naweek troue in die hartjie van die bosveld saam met ons.

Kom deel in die vreugde wanneer, Inalie en Conraad een word voor God.

SATERDAG, 1 JULIE 2023

14h30 vir 15h00

VENUE

Lunikhy Game Lodge
42 Kalkfontein Bela Bela, 0480

Sien padkaart

KLEREDRAG

Bosveld troue
Semi-Formeel
Vrouens – Ons beveel ‘n blok hak/wedge aan.
Aardse kleure.
Geen wit asseblief.

Untitled-1.png

Kontantkroeg met kaartfasiliteite beskikbaar.
Metgesel slegs per uitnodigin
g.

Ongelukkig geen kinders.

Whatsapp asseblief 'n foto van jou, asook jou metgesel na Inalie 
084 207 6300

Ons gaan lekker saam braai die Vrydag aand op die Venue.

Tyd: 18:00

Bring ‘n kamp stoel, jou eie vleis en drinkgoed. Bykosse sal voorsien word.

Merk asb op die RSVP vorm of julle saam braai.

#vanvuurenfees

Akkommodasie

akkommodasie

NAWEEK

Zenzele River Lodge

24km vanaf venue
071 687 4497

Sondela

30km vanaf venue
014 736 8800

Klip en Kristal Gastehuis

30km vanaf venue
073 313 6543

Mongena Game Lodge

24km vanaf venue
012 711 8920

Summerset Place

30km vanaf venue
014 007 0576

Daar is verskeie akkommodasie opsies beskikbaar in Dinokeng Game Reserve.

Julle teenwoordigheid is alreeds vir ons ‘n groot geskenk.
Sou julle ons graag wil bederf met ‘n geldjie sal dit baie waardeer word.


 

BANK BESONDERHEDE

 

Jacobus JC van Vuuren

Bank: Standard Bank

Takkode:1206

Rek Tipe: Cheque

Rek Nr: 310085454

idees

GESKENK

Geskenk Idees
Rsvp

datum

RSVP

RSVP asseblief voor of op 10 Mei 2023.
Whatsapp asseblief 'n foto van jou, asook jou metgesel na Inalie 
084 207 6300

bottom of page