top of page
D
Z


22

05

03
&
DEMI-LEE
ZANDRÉ
05.03.2022
Zandre
BRIEF AAN
My liefste lyf,
God het jou oor my pad gestuur, toe ek dit die minste verwag het. En ek is elke dag so dankbaar daarvoor. Ons liefde was onverwags en definitief ‘love at first sight’. Ek het reeds ons toekoms, in my gedagtes, beplan nog voor jy my gevra het om joune te wees, (Cliché, I know). Jy het my voete onder my uitgeslaan met jou mooi glimlag en ‘out there’ persoonlikheid. En wie kan vergeet van daardie baard en eyebrows van jou! Enige iemand wat my ken, weet dit is my swakpunt…
Ek sal jou ouers ewig dankbaar wees, vir die man wat hulle groot gemaak het.
Die dag wat jy my gevra het om met jou te trou, was die beste dag van my lewe, en ook die maklikste ‘JA’ ooit!
Binnekort trou ons, en begin nog ‘n nuwe hoofstuk van ons lewe saam, die res van ons lewens SAAM. Jy ‘tick’ elke boksie van die ideale man waaroor ek as klein dogtertjie kon droom. Saam, is ons sterker en groter as enige struikelblokke wat ons mag teëkom.
Op ons toekoms saam!
Ek kan nie wag om jou vrou te wees nie, Mnr. Seger!!
Deur dik en dun my skat.
Ek het jou bitter lief, Zandré!!
Xx

Briewe
Demi-Lee
BRIEF AAN
Woww ek het nog nie eers begin skryf nie en eks alklaar verloor vir woorde,
Die laaste 3 jaar saam met jou was die absoluut beste tyd van my lewe, en ek kon regtig nie vir beter gevra het nie.
Van 'n honger dame wat in my koffie winkel in gestap het, tot my meisie, toe my verloofde en nou amper my vrou. Ek en jy is al deur dik en dun, letterlik en figuurlik, maar alles wat ons al saam aan gepak het, het ons die beste van elke situasie gemaak.
Ek wil net vir jou sê hoe baie jy vir my beteken en hoe lief ek vir jou is.
My woorde is min maar my hart is groot. Jy is my beste vriendin en my amper vrou en ek sien baie uit na ons toekoms saam.
Ek kan nie belowe dat ek nie gaan huil op ons trou dag nie, want ek weet hoe beautiful mens jy binne en buite is. Jys beeldskoon, snaaks, slim, lojaal en miskien 'n bietjie vol stront en dis alles wat ek wil hê in 'n vrou en dis hoekom ek jou gekies het.
Ps I love you to da moon and back.

Troudag
ONS
WANNEER
VENUE
Saterdag, 5 Maart, 2022
15:00 vir 15:30
Nightjar Wedding Venue @ De Uijlenes
Grootbos Road, Gansbaai, 7220 Sien Kaart

KLEREDRAG
Semi-formeel
BELANGRIKE INLIGTING
Kontant kroeg met kaartfasiliteite.
Eie drank kan saamgebring word vir die Vrydag aand.
Metgesels slegs per uitnoding.
Bring ‘n ekstra geldjie saam vir ons Seger Auction.
RSVP
Voor of op 8 Januarie 2022
No events at the moment
Ons Troudag
Rsvp
Akkommodasie
NAWEEK
Akkommodasie

Skedule
NAWEEK
VRYDAG
Potjiekos en rustig kuier
SATERDAG
Seremonie begin 15:00 vir 15:30
SONDAG
Ontbyt 09:00 tot 10:00

Idees
GESKENK
Sou u ‘n geskenkie wou koop,
Spaar u self die baie loop.
Bêre die nooitjie in die kas,
En kom gooi dit in die huwelikstas!
Naweek Skedule
Geskenk Idees

bottom of page