top of page
LEMOS.png
LEMOS.png

08.01.2022

ONS STORIE

Ongelukkig kan net ons ouers die oorspronklike storie vertel van hoe ons ontmoet het, James kon darem
al regop sit maar Christi was seker net ‘n paar dae oud. Ons ouers het ongelukkig nie hierdie belangrike
datum gedokkumenteer nie, kan jy dit glo?!


As jy ons vra waar dit alles begin het sal ons sê in Stellenbosch Universiteit se biblioteek. Christi was
opsoek na chemie notas maar intussen gebeur daar toe net ‘chemistry’ (volgens Christi is ons paartjie
naam ‘Chemistry in Chemical Engineering’ maar as jy vir James vra skud hy net sy kop). In elk geval, ons
is steeds baie dankbaar vir daardie stadige USB stokkie wat ons forseer het om bietjie te gesels. ‘n Paar
snaakse draaitjies later vind ons onsself op Valentynsdag in 2018. Hy het gelukkig besluit om Christi nog
‘n kans te gee nadat sy hom per ongeluk ‘n maand gelede weer laatweet het sy kan net nie nou met
hom uitgaan nie. En nou is die res geskiedenis!


Op 16 Desember 2020 besluit James gelukkig hy is nou reg om haar te vra om sy vroutjie te wees; toe
moes sy natuurlik vra, is jy nou ernstig? James het haar die oggend laat weet hy gaan verseker nie vra
nie, hy het ‘n hele storie reg gehad en gevolglik huil sy al haar grimering af (dankie James!) en was toe
heel onvoorbereid vir die gebeurtenisse van die dag. Gelukkig is hierdie liefde onvoorwaardelik en
natuurlik na dit sê sy ook JA!

Ons Storie
ninabuys_C&J-engagement-2.jpg

ONS TROUDAG

Formeel | 15:00 vir 15:30
WANNEER
08 Jan. 2022 15:30
WAAR
Johannesdal,
1207 Helshoogte Rd, Pniel, South Africa
LEMOS.png
LEMOS.png
Ons Troudag
RSVP
Gallery

VERVOER & VERBLYF

Ons stel voor dat akkomodasie so vinnig as moontlik bespreek moet word, veral vir individue wat
verkieslik nader aan die troulokaal wil bly.
Vir diegene wat in Stellenbosch of Franschhoek wil bly is
dit nie nodig om so vroeg te bespreek nie. Uber is wyd beskikbaar in hierdie area en is
beskikbaar tot laat in die aande.

VERBLYF OP HELSHOOGTE PAS

SELF-CATERING IN STELLENBOSCH

VERBLYF IN FRANSCHHOEK

ninabuys_C&J-engagement-12.jpg

BELANGRIKE INLIGTING

GEEN kinders onder 18 word toegelaat nie.

​

Geen kontant sal benodig word op die aand nie, alle drank beskikbaar is gratis.

​

Uber is wyd beskikbaar in Stellenbosch, ons stel voor julle gebruik dit om rond te beweeg indien julle nie ‘n kar hier het nie.

​

Wat kan ek aantrek vir Raubenheimer bruilof?

Vervoer & Verblyf
Belangrike Inligting

GESKENK IDEES

`n Geskenkie is nie oorbodig,

maar `n geldjie is meer wat ons benodig.

i-build-and-design-websites-romycodescom
Geskenk Idees
bottom of page