JOZAAN & RUDOLF
4 JUNIE 2022
ONS
liefdesverhaal
Jozaan en Dolf- Ons storie uit die mond van een van ons vriendinne.
In die Noorde van Pretoria klou Onderstepoort soos ń mossel aan ń hewige rots.
Vir ses jaar lank het ons daar, deur verskriklike lekker en verskriklike swaar mekaar se hande kon vat en was ons vriendskap in dienooreenkomstige vrese en geborgenheid gesmee.
So ook was Rudolf en Jozaan se vriendskap al in tweede jaar gesmee en ‘wonder bo wonder’ was Rudolf altyd daar in groot oomblike van nood vir Jozaan. Of dit in die vorm van bystand was as Jozaan haar enkel se ligamente geskeur het tydens ń sportwedstryd en of dit na ń riller histologie eksamen was, Rudolf was daar.
In ons voorlaaste jaar op Onderstepoort besef Dolf met ń groot ontnugtering watter juweel hier in sy midde is en leer hy gou wat dit beteken om soos ń mossel te klou. Telkemale kere was Rudolf se bakkie buite huis 8 geparkeer vir ń koffietjie, hy het gewys, Rudolf is hier.
Wanneer julle veraltyd kies om aan mekaar te klou is ons grootste wens dat julle altyd hier sal wees. Konstant sal wees. Een sal wees.
Ons is só opgewonde vir jul toekoms saam.