top of page




1/5
MARE-LOUISA & GP
die maand van trouklokke
Ons Storie
ONS STORIE
waar alles begin het
’n Noord-Kaapse boerseun het vir hom ’n roos in die Boland gaan pluk, ’n eenvoudige gebaar wat begin het met die rykheid van die grond, maar eindig in die rykheid van die hart.
Twee lewenspaaie het gekruis — nie ’n oomblik te vroeg, of ’n dag te laat nie. Op die presiese tyd wat net God kon bepaal, het Hy twee harte wat lank reeds voorberei was, na mekaar toe getrek.
In Sy wysheid en perfekte tydsberekening het Hy die draaie van ons lewens so geweef, dat ons mekaar nie net ontmoet het nie, maar ook herken het: ons is vir mekaar bedoel, geskenk en geseën.
Ons liefde is ’n verhaal van geduld en geloof – ’n kosbare band wat groei met elke dag se sonlig en stilte en ’n bewys dat die mooiste dinge in die lewe hulle tyd neem om te blom.
Nou stap ons verder as één saam met geloof, hoop en ’n hart vol liefde.

VAN ZYL-BRUILOF
kom vier saam die liefde
U word hartlik uitgenooi na die huweliksbevestiging van
Mare-Louisa Koegelenberg
(dogter van Nicky en Ann-Doree Koegelenberg)
&
GP van Zyl
(seun van Drienus en Riana van Zyl)
SATERDAG,
25 APRIL 2026
Gaste arriveer 15h00 | Seremonie begin 15h30
by Elim Venue
Friersdale, Keimoes, 8860
Aanwysings

Bruilof
Detail
FYNER DETAIL
meer oor ons makietie
Ons groot dag is vir ons ’n viering van liefde en ’n oomblik om dit saam met dié wat naby aan ons harte lê te vier. Om die dag intiem en betekenisvol te hou, is ons gaste met sorg gekies en kinders en metgeselle is slegs genooi indien hul name op die uitnodiging verskyn.
’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees tydens die aand.
Sondag, 26 April 2026
U is welkom om die oggend van 09:00 af by ons aan te sluit vir ontbyt by die Kakamas Country Hotel.
Dui asseblief op die RSVP vorm aan of jy by ons gaan aansluit.
die kleredrag
Hou dit asseblief elegant.
’n Spoggerige en kleurvolle uitrusting vir ’n stylvolle Van Zyl-makietie.
Vroue: kleurvol
Mans: langbroek (geen denims nie) en kraaghemp

Verblyf
NAWEEK
akkommodasie en vervoer
Sien asseblief 'n paar akkommodasie-opsies beskikbaar in die omgewing:
Palmhof Chalets
Belvedere Gastehuis
Gazelle Estate (Kontak die bruidegom)
Uber is nie regtig ’n plaasdier nie, so dit is nie beskikbaar hier in die platteland nie!
Moet nie bekommerd wees nie, ’n boer maak ’n plan: vir almal wat in die dorp bly, reël ons ’n shuttle-diens om julle veilig en gemaklik na en van die venue te kry.




1/3
Trouwense




1/3
TROUWENSE
as jy ons wil bederf
Die heel grootste geskenk is u teenwoordigheid by ons spesiale dag.
Sou u graag ’n geskenkie wou koop, spaar uself die baie loop.
Bêre die note in die kas en kom gooi dit in die huwelikstas!
Sien bankbesonderhede hier.
VIER SAAM
gaan jy ons troudag bywoon?
RSVP asseblief voor of op 20 Januarie 2026.
Stel ons in kennis van enige allergieë sodat ons vir jou kan akkommodeer.
Dui ook aan of jy vervoer gaan benodig en of jy Sondag-oggend saam met ons ontbyt gaan geniet.
Vir enige navrae rondom ons troudag kontak asseblief die bruid of bruidegom:
Mare-Louisa – 076 490 4000
GP – 061 478 5887
MY HART STAAN TUIT AL MEER EN MEER. EK STUUR VIR JOU DIE BERGGANSVEER, MITS DESE WIL EK VIR JOU SÊ HOE DIEP MY LIEFDE VIR JOU LÊ.
- Boerneef
RSVP
bottom of page




















