top of page


Ons Storie
ONS STORIE
waar alles begin het

12 Desember 2022
Eerste geselsie om die kampvuur tydens die Oranjerivier roei.
12 Mei 2023
Liza ontmoet Haniël se ouers by ‘n Griekse restaurant in die hartjie van Hermanus.
25 Junie 2023
Op Jacobsbaai se strand, met die gazebo wat wegwaai, vra Haniël vir Liza om sy meisie te wees.
20 Desember 2025
Ons hou troue! ‘n Viering van liefde en lekker dans.
10 April 2023
Eerste koffie en G&T saam in Stellenbosch.
27 Mei 2023
Haniël ontmoet Liza se ouers met ‘n stewige handdruk en ‘n glimlag wat werk.
14 Desember 2024
Ons is verloof! ‘n Oomblik wat vir ons altwee baie spesiaal sal bly.




1/4
FEESVIERING
vier saam die liefde
Hiermee word jy vriendelik uitgenooi na die huweliksbevestiging van
Liza Burger (dogter van Albé en Suanne Burger)
en Haniël du Toit (seun van Niel en Angelique du Toit)
SATERDAG,
20 DESEMBER 2025
Gaste arriveer om 15h30 | Seremonie begin om 16h00
Groenrivier Function Centre
Groenrivier, R311, Riebeek West, 7306
Aanwysings
die venue
Ons Troudag

“Hy sal alles wat goed en reg is op julle laat kom soos reën.”
- Hosea 10:12
Fyner Detail
FYNER DETAIL
meer oor ons troudag
Metgesel en kinders slegs per uitnodiging.
Kontantkroeg met kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.
Voorsien ons asseblief van jou keuse van hoofgereg. Dit kan op die RSVP-bladsy gekies word.
die kleredragkode
Ons versoek dat ons gaste formele kleredrag sal dra.
Dames: Midi/maxi rokke of broekpakkke
Mans: Langbroek met das en/of blazer
Hou asseblief jou sneakers vir die dansvloer!
Vermy asseblief kleure wat tipies gereserveer is vir die bruid.

Geskenk Idees
TROUWENSE
as jy ons wil bederf
Die grootste geskenk is jou teenwoordigheid tydens ons spesiale dag. Indien jy dit op die hart het om ons met iets meer te seën, sal ons `n finansiële bydrae tot ons huisfonds waardeer.
Bankbesonderhede:
Bank: Standard Bank
Rekeninghouer: H du Toit
Rekeningnommer: 1014 9402 935
Verwysing: Jou naam en van




1/4

Rsvp
VIER SAAM
ons spesiale troudag
Laat weet ons asseblief voor of op 15 Oktober 2025 of jy ons troudag sal kan bywoon.
Elke gas moet asseblief individueel die RSVP vorm voltooi met keuse van hoofgereg, en enige allergieë waarvan ons moet weet.
Vir verdere vrae, kontak gerus die bruid of bruidegom.
Liza: 074 777 4300
Haniël: 082 722 3347
bottom of page























