top of page
MONOGRAM.png
LOVE

ONS STORIE

waar alles begin het

Hans en Janice, saamgevoeg deur God en gekies om mekaar se laaste in alles te wees.
Soos legkaartstukke voeg hul al hul lewensreise saam en word hierdie legkaart elke dag voltooi met meer ervaringe, herinneringe en gebeurtenisse. Hans en Janice pas perfek, hul onselfsugtige liefde vir mekaar, hul enorme omgee harte en hul toewyding aan mekaar en almal om hulle.

Rondom Upington het altwee groot geword en alhoewel hulle van mekaar geweet het, het die liefde eers net na skool in die hartjie van VanZylsrus vlam gevat. Hans se voete was behoorlik onder hom uitgeslaan en was sy eerste woorde aan Janice: "Hello, my trouvrou." So skop die twee se verhaal af en begin die twee herinneringe bou. Die uitdagings in hul verhouding het vroeg begin, want 'n paar maande later moes Janice haar tasse vir Gauteng pak. Die twee se liefde was egter sterker as 'n 1000km en saam het hulle aan nog 'n sterker band van ondersteuning en aanmoediging gebou.

In die Kalahari rooi duine met hul geliefdes om hulle het Hans op sy knieë gegaan en Janice gevra om sy vroutjie te word. Hulle lewensdroom word waar en word hul die grootste geskenk aan mekaar uit God se hand gegee. In haar oë is hy God se goedheid vir haar in menslike vorm. In sy oë is sy 'n bewys van Sy liefde en vrede en sal hy haar altyd liefhê sonder twyfel of rede.

Hans se eerste woorde word waar en hierdie twee wonderlike mense vier hulle spesiale dag op die 15de Maart 2025. Saam begin hul lewensreis met Jesus as hul fondasie en al hul geliefdes om hulle as ondersteuning.

Ons Troudag

VISSER BRUILOF

jy word hartlik uitgenooi

Ons vir ewig begin binnekort en ons sal graag ons spesiale dag met jou wil deel. Hiermee word jy uitgenooi na die huweliksbevestiging van Janice Avenant en Hans Visser

SATERDAG, 15 MAART 2025

Gaste arriveer om 15h30
Seremonie begin om 16h00

Seremonie sal plaasvind by NG Kerk Kakamas
Voortrekkerstraat, Kakamas, South Africa, 8870
Aanwysings

die seremonie

Gaste arriveer om 17h00

Die onthaal sal volg by Lake Grappa Guest Farm
Vroeë Son, Marchand, Kakamas, 8870
Aanwysings

die onthaal

JTRS1432-18.jpg

FYNER DETAIL

meer oor ons troudag

Metgesel slegs per uitnodiging.
Ongelukkig geen kinders.
Kontantkroeg met kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.

die kleredrag

Ons versoek dat alle gaste semi-formele drag dra.
Vermy asseblief enige kleure wat tipies vir die bruid gereserveer is.

KLEREDRAG

DIE TYDLYN

WEDDING SCHEDULE.png

15h30

Gaste Arriveer

17h00

Canapés

19h30

Aandete

18h30

Onthaal

16h00

Seremonie

20h30

Partytjie

hoe dinge gaan verloop

SKEDULE
STAY & TRAVEL

AKKOMMODASIE

waar om te bly

The Quiver Tree Guesthouse

(7km vanaf venue)

083 607 4987

Webtuiste

 

Augrabies Falls Lodge & Camp

(15km vanaf venue)

081 840 0623

Webtuiste

 

Avonsrus Guesthouse

(8.9km vanaf venue)

079 501 7500

Webtuiste

 

The Falls Guest House

(17km vanaf venue)

082 928 7938

Webtuiste

 

De Oude Stoor

(14km vanaf venue)

082 563 2168

Webtuiste

JTRS1432-6.jpg
Geskenk Idees

ONS TROU
WENSE

geskenk idees

Sou u graag ‘n geskenkie wou koop, spaar u self die baie loop.
Bêre die nootjie in die kas en kom gooi dit in die huwelikstas!


Sien bankbesonderhede hier.

VIER SAAM

met ons die liefde

RSVP asseblief voor of op 20 Januarie 2025.

Kontak gerus die bruid of bruidegom vir enige verdere vrae
Janice: 076 589 3200

Hans: 082 978 3949

RSVP
EB.png

Designed by Weddings by EB

bottom of page