top of page

Delerize + Markus

24 MEI 2023

ONS

liefdesverhaal

Liefde het ongetwyfeld die gewoonte om harte te laat knoop wanneer ons dit die minste verwag

 

Ek sit met 'n glimlag op my gesig soos ek terugdink.

Sonder om te dink maak die woord Buurman sy verskyning oor my lippe.

Buurman is 'n vriend van my  wat vir ons bure geboer het.

Hy het my en Delerize aan mekaar voorgestel.

Baie knaend het hy  daarop aangedring dat ek vir Delerize moet ontmoet.

 

31 desember 2019.

Dit is oujaars dans te Henbase vakansie oord.

Die eerste keer wat ek en Delerize ontmoet.

 

Die 18de Januarie 2020 gesels ons vir die eerste keer met mekaar op Whatsapp.

Die gesels is van korte duur.

 

Delerize gee toe my nommer vir een van haar vriendinne sodat ek en die vriendin kan gesels.

Na afloop van die eerste boodskap vanaf die vriendin stuur ek toe weer vir Delerize 'n boodskap , dit is 17 Februarie 2020.

Mastig !!! En ons gesels toe nou sommer lekker.

 

Soos die tyd verloop het sy op die plaas kom kuier en so ook ek by haar.

Ons almal ken die mannetjie Cupid.

Wel die klein boogskut het sowaar sonder waarsku sy merk begin los.

 

Dit was 'n tydperk van Opwinding ,onsekerheid en baie bid.

Die kat is behoorlik uit die boom uit gekyk.

Op 22 Mei 2020 vra ek vir Delerize of sy my kys sal wees.

 

Op 3 Junie 2021 kry ek 'n baie interessante verjaarsdag geskenk.

'n Ring !

Die klein merrie het my sowaar voorgespring en my gevra om te trou.

Met my tong in die kies sê ek altyd , lekker voor op die wa neh.

 

Met my heel eerste bulkalf wat ek verkoop se geld laat maak ek toe vir Delerize 'n ring.

 

29 Augustus 2021 .

Nadat haar ring die eerste keer gesteel is oppad na die juwelier (die courier bakkie is blykbaar gekaap) is die tweede ring uiteindelik in my hand .

Die dag breek aan , ek kan haar ring vir haar gee. Ons doen dinge toe nou maar bietjie meer tradisioneel die keer en ek vra haar toe of sy met my sal trou.

 

Die trane was vlak en die woorde min , sy kon nie eers ń ja uitkry nie.

Ek spot altyd en sê , ek wag nou nog vir die JA woord.

In 'n grappende  wyse gesê, ons trou amper ,so ek neem maar aan wat sy wou sê was ja.

 

 3 September 2021

Dalia Kruis ons pad.

Dalia is 'n 1974 Volkswagen Volla.

Sy word aangeskaf om gerestoureer te word met die hoop dat sy eendag troukar sal wees.

 

Soos ek die verhaal skryf besef ek net weer die goedheid van Jesus en hoe hy ons padjies lank reeds vir ons uitgelê het.

 

Dit is 'n Saterdag , die 16de April 2022.

Delerize se niggie stuur vir haar 'n boodskap met inligting rakend 'n troue wat mens kan wen.

Sy vra toe of sy my en Delerize kan inskryf.

Delerize gee toe vir haar die nodige inligting en sy skryf ons in.

 

Op daardie stadium het ek nie werklik gedink dat ons die kompetisie sou wen nie. Guns is baie selde aan my kant wanneer dit kom by kompetisies wen.

 

Met die hulp van familie , vriende en vreemdelinge wat vir ons gestem het was ons bevoorreg om in die top 20 te beland van die kompetisie .

 

Daarna was ons in die top 10 .Die senuwees was gedaan . Hoop was nog sterker as ooit.

Ons hele familie was aan die gons , ons het “game plans” opgestel asof ons besig was met 'n wêreld beker eindstryd.

Dit was ń wonderlike tyd om te kon sien hoe ons almal saamstaan.

 

Ons was toe baie bevoorreg om die troue te kon wen.

Ons is almal ewig dankbaar wat dit moontlik gemaak het vir ons om te kon wen.

Ons is uit ons nate uit opgewonde vir ons troudag.

 

Vir nou is hierdie ons verhaal , en ons is kinderlik opgewonde vir die res van ons storie.

 

Liefste nooi , mag tyd ons genadig wees en ons lank spaar vir mekaar , sodat hierdie storie slegs die inleiding is tot ons lewens verhaal

- Markus de Beer

Ons Liefdesverhaal
M&Dverlowing-74.jpg

Eens in n leeftyd, n een uit n miljoen kans, om iemand te ontmoet, wat alles net soveel mooier maak

Delerize

Rsvp
Ons Troudag

24.05.2023

troudag

Tel saam met ons die dae af...

Opgewonde en vol vreugde juig ons harte, om hierdie spesiale dag saam jou te vier!
Kom deel in die liefdesviering en bevestiging wanneer ons, Markus en Delerize een word.

WOENSDAG, 24 MEI 2023

14h00 vir 14h30

VENUE

Smitsfield Wedding Venue
Lothair Rd, Ermelo

Sien padkaart

KLEREDRAG

Formeel
(volgens kleurskema asseblief)

Untitled-1.png

TROUDAG SKEDULE

14h30 Seremonie

15h30 Familie fotos

16h00 Gevolg fotos

16h30 Bruidspaar fotos

17h20 Verwelkoming

17h30 Huildronke

18h00 Hoofgereg

18h45 Eerste dans

Ongelukkig geen kinders en metgesel slegs per uitnodiging.
Kroeg - kontant en kaart fasiliteite.
Eet ontbyt saam met ons Donderdag oggend.

RSVP

02 Januarie 2023

M&D-38.jpg

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie

1 Korintiërs 13:4-8

antwoorde

VRAE EN

HOE LAAT MOET ONS OPDAAG?

13h00 opdaag, verken venue en skrop nes, 14h00 sit, bruid stap 14h30 in

MAG EK N METGESEL BRING?

Ongelukkig net metgeselle wat aangedui is op uitnodiging is welkom.

WAT MOET ONS AANTREK?

Formeel en netjies volgens ons gekose kleurskema.

TEEN WANNEER MOET ONS LAAT WEET OF ONS GAAN BYWOON?

Teen 2 Januarie 2023

IS DAAR VERBLYF OP DIE VENUE?

Alle gaste het reeds 'n uitgesoekte snoesige plekkie.

TEEN WANNEER MOET ONS VERBLYF BETAAL WEES?

Teen 2 Maart 2023

ABSA

Spaar rekening

Rekening nr 9375057349

Branch kode 632005

Verwysing name van gaste

Bewys van betaling na 066 015 2631

IS DAAR ONTBYT DONDERDAG OGGEND?

Die ontbyt van Donderdag oggend is ingesluit. Kom geniet ñ heerlike ontbyt voor jy ry.

Asseblief dui op die RSVP vorm aan of jy by ons sal aansluit.

HOELAAT IS DONDERDAG OGGEND SE ONTBYT?

Ons hou dit vroeg teen 08h00

TEEN WANNEER MOET ONS LAAT WEET OF ONS DONDERDAG OGGEND SE ONTBYT GAAN BYWOON?

Teen 2 Januarie 2023

Gereele Vrae
Akkommodasie

AKKOMMODASIE

opsies

Smitsfield Venue

Trein eenhede
Blokhuise

M&Dverlowing-61.jpg

GESKENK

idees

Om jou daar te hê, deel van ons dag is meer werd as enige geskenk!

Markus: 067 026 6032

Delerize: 066 015 2631

Geskenk Idees
bottom of page