top of page

Ferdinand + Maricelle

12 NOVEMBER 2022

ONS

liefdesverhaal

Die gesêgde 'teenoorgesteldes trek mekaar aan' was nog nooit méér akkuraat as in die geval van Cellie en Ferdi nie.

Maricelle - die blonde, groenoog nooi, sprankelend, uitgesproke en katjie van die baan!

Ferdinand - tall, dark and handsome, stil, rustig en op sy plek!

Maar tog het die lewe 'n manier gehad om hulle paaie te laat kruis. En wonder bo wonder ontdek hulle toe 'n hele paar goed wat hulle in gemeen het... Soos hulle liefde vir wiskunde, waar alles begin het!! Saam het Maricelle en Ferdi juffrou Briers se wiskunde klas op horings geneem! In matriek was hulle letterlik net vriende! Hulle albei besluit toe om aktuarieël te gaan studeer waar hulle toe vinnig onafskeidbaar geword het, maar steeds, volgens hulle "net maatjies" was. Hulle het só hard probeer om "nét maatjies te wees", dat hulle amper hulle kans tot 'n verhouding misgeloop het! Maar na 'n doodgewone piekniek op LC is hulle uiteindelik gekys! En amper 4 jaar later word die belangrikste vraag op die mees romantiese manier gevra en Cellie sê toe ja! Nie net om sy vrou te word nie, maar om vir altyd saam te lag, hulle liefde vir goeie rooiwyn te deel, gereelde Sushi Sondae te hê en nou vir altyd mekaar se beste vriende te wees! 

In hierdie interessante liefdesverhaal het dit duidelik geword dat hulle verskille mekaar perfek aanvul, en die aspekte wat hulle in gemeen het, hulle verhouding en liefde vir mekaar versterk!

- Wilmarie Human

Ons Liefdesverhaal
IMG_2702.JPG

“I have              the one whom my soul            ”

found

loves.

Songs of Solomon 3:4

Rsvp
Ons Troudag

12.11.2022

troudag

 Elke dag is n tree nader aan ons groot dag. Ons is kinderlik opgewonde om hierdie spesiale dag met jou te deel!

Kom deel in die vreugde wanneer ons, Ferdinand en Maricelle een word voor God.

SATERDAG, 12 NOVEMBER 2022

14h30 vir 15h00

VENUE

Lunikhy Game Farm
Bela-Bela, Limpopo

Sien padkaart

KLEREDRAG

Formeel
(Swart asseblief)

+ Ongelukkig geen kinders & metgesel slegs per uitnodiging
+ Kontantkroeg met kaartfasiliteite beskikbaar
+ Ontbyt die Sondag Oggend teen R165 per persooon betaalbaar teen 1 Oktober

RSVP

1 Oktober 2022

antwoorde

VRAE EN

HOE LAAT MOET ONS OPDAAG?

14h30 opdaag, 14h45 sit, bruid stap 15h00 in.

MAG EK N METGESEL BRING?

Ongelukkig net metgeseselle wat aangedui is op uitnodiging is welkom

WAT MOET ONS AANTREK?

Man: Swart broek met 'n wit hemp en swart das (Baadjie opsioneel)
Vrou: Swart - Formeel

TEEN WANNEER MOET ONS LAAT WEET OF ONS GAAN BYWOON?

Teen 1 Oktober

IS DAAR VERBLYF OP DIE VENUE?

Glamping Opsie op venue beskikbaar – Kontak Maricelle of Ferdi (Ongelukkig moet daar genoeg belangstelling wees vir die opsie om geldig te wees) 
Daar word ook 'n lys van verblyf opsies verskaf.

Akkommodasie

AKKOMMODASIE

opsies

SONDELA

+/-30km vanaf venue
014 736 8900

ZENZELE RIVER LODGE

+/-24km vanaf venue
071 687 4497

KLIP EN KRISTAL GASTEHUIS

+/-30km vanaf venue
073 313 6543

GESKENK

idees

Wittebrood fonds

Klik hier

Geskenk Idees
bottom of page