top of page

Chane + Henro

,

31 Maart 2023

Ons liefdesverhaal

Henro en Chané is onafskeidbaar saamgevoeg deur ons Hemelse Vader. 'n Liefdesverhaal word voltooi. 'n Lewenslange vriendskap wat begin het in Laerskool en in 'n sprokies-verhaal ontaard het.

 

Alles het begin in hulle matriek jaar (2018) met die woorde van Henro: "Chané jy moet saam met my ry want jy het 'n lisensie en ek nie." Net om agtergrond te gee, daar was baie van hulle vriende wat ook lisensie gehad het daardie aand. Min wetend dat Henro eintlik met 'n plan werk het hulle twee se veraltyd begin. Na skool gaan beide Pukke toe waar hulle verhouding net meer en meer definisie gekry het en hulle besef het dat hulle eintlik nogal baie in gemeen het. Hulle liefde vir die plaaslewe, diere en die belangrikste van als hulle liefde vir die Here het hulle net nader aanmekaar gebring.

 

Na 4 jaar se mooie herinneringe en op en af ry tussen The Heights en Kakoup (hulle ouers se plase) het Henro besluit om die knoop deur te hak. Op 29 Julie 2022 langs Kareedouw strand op 'n hoë rots met die mooiste uitsig oor die see, kniel Henro en vra sy "swartkop" om met hom te trou en sy lewensmaat te word.

 

Almal wat hierdie twee besonderse mense ken weet dat hulle twee mekaar perfek aanvul- ‘n legkaart wat voltooi is. Hulle was van dag een af onafskeibaar. Hulle verhouding en liefde vir mekaar is opreg en straal behoorlik na buite.

 

Julle het saam groot geword en nou gaan julle saam oud word. 'n Verhouding wat deur die Here goedgekeur is kan niemand verbrokkel of vernietig nie.

-Ouma Ria Bekker

Our story

Ons troudag

Deur liefde het ons mekaar gevind en deur liefde word ons in eg verbind. Jy word hartlik uitgenooi na ons spesiale dag.

WANNEER

WAAR

Vrydag, 31 Maart 2023

 

Seremonie- 15:30 vir 16:00

African Vineyard Boutique Hotel & Spa, Wedding & Conference Venue

Sien Padkaart

Kleredrag

Semi-formeel

BELANGRIKE INLIGTING

Metgesel slegs per uitnodiging.

Ongelukkig geen kinders.

Kontant kroeg met kaartfasiliteite

RSVP

RSVP asseblief voor of op 16 Januarie 2023

Chané- 079 715 0371

Ons Troudag
Rsvp
Verlowingsessie-163.jpg

“Daar is 'n          om te kies in die lewe. En die een wat ek          is saam met

"

pad

kies

jou.

Akkommodasie

Orange View

(16 km van venue)

082 443 1800

Oranjerus Resort

(5,8km van venue)

082 772 5896

Riva-Resort

(20 km van venue)

081 857 8350

Akkommodasie
Geskenk Idees

Geskenk idees

Sou u graag ‘n geskenkie wou koop, spaar u self die baie loop. Bêre die nooitjie in die kas en kom gooi dit in die huwelikstas!

Verlowingsessie-120.jpg
bottom of page