top of page
ALICIA+JANU
die maand van Oktober
LIEFDESVERHAAL
waar alles begin het
17.09.21
Ontmoet mekaar
07.01.22
“Sal jy my meisie wees?”
14.08.23
Suki (worsie #2)
26.10.24
Ons Troudag
21.12.21
Loki (worsie)
30.05.22
Eerste “Ek is lief vir jou”
05.11.23
Verlowing
Mense, mense, mense. Janu kan getuig, Instagram is beslis die beste "wingman" daar buite.
16 September 2021 het Janu die belangrikste boodskap van sy lewe gestuur met die hoop vir enige reaksie van Alicia af. Dit was nie 24 uur later nie toe sit ons weerskante van mekaar in Kaapstadt Brauhaus, Waterfront - dit was die begin van ons liefdesverhaal. Dinge het van daar af net floreer en baie vinnig vlam gevat. Ons het aan enige verskoning gedink om by mekaar uit te kom. Dit was nie lank daarna wat ons mekaar se ouers ontmoet het nie.
7 Januarie 2022 het Janu vir Alicia onder die bome met 'n piekniekmandjie gevra om sy meisie te wees. Dit was die langste 4 maande van Alicia se lewe. Ons liefde oor die jare het net sterker geword en elke dag het ons net meer verlief geraak. Dit was nie lank nie of Alicia het vir Janu begin fotos stuur van trouringe en trourokke, maar dit het hom nie afgeskrik nie. Ons is jonk en verlief.
5 November 2023 is ons oppad "om lavender te pluk" by Canette Vallei en Alicia was vas aan die slaap in die kar, min wetend wat die dag in hou. Ons kom daar aan en die plek is toe, nie 'n enkele mens in sig nie. Ons begin deur die lavender loop en selfies neem, in die proses is hy al op sy knie om haar sy verewig liefde te maak. Sy het "JA" gese!
26 Oktober 2024 - Word vervolg
LIEFDE
Our Wedding Day
DIE VIVIERS
feesviering
Ons is opgewonde om jou uit te nooi om deel te wees van die viering van ons liefde en huweliksbevestiging.
DATUM
Saterdag, 26 Oktober 2024
Gaste arriveer om 15h00
Seremonie begin om15h30
VENUE
The Venue at Pearl Mountain
Upper Long Street, Pearl Mountain Estate, Paarl, 7646
Sien aanwysings
FYNER BESONDERHEDE
Kontantkroeg met kaartfasiliteite beskikbaar.
Metgesel slegs per uitnodiging.
Dit spyt ons ,maar kinders word ongelukkig nie toegelaat nie. Ouers , neem die aand af en kom geniet dit saam ons.
Dress Code
KLEREDRAG
wat om te dra
Formeel
Skakerings van Blou (navy, ligblou ens) Cream kleure, beige.
Mans mag swart pakke dra.
“I HAVE FOUND THE ONE WHOM MY SOUL LOVES.”
Song of Solomon 3:4
Accommodation
DIE VERBLYF
waar kan jy bly
Loer bietjie op Booking.com en LekkeSlaap, maar hier is ‘n paar opsies:
PAARL VERBLYF
Madeliefie Guesthouse (6 min - 2.5 km)
Lemoenkloof Guesthouse (6 min - 2.8 km)
Olive Tree Lodge - Lemoenkloof (6 min - 2.7 km)
5 Konings Guesthouse (5 min - 2.1 km)
Little Oak Garden Cottages (6 min - 3.2 km)
The Orange Bowl (6 min - 2.6 km)
Sien meer verblyf opsies hier.
VERVOER OPSIES
Geen Uber beskikbaar nie. Maak asseblief gebruik van saamry geleenthede of alternatiewe vervoer.
Paarl Taxi’s and Tours
Office: +27(0)21-8725671
Honeymoon wishes
TROUWENSE
geskenk idees
'n Geldjie in die sak is beter as 'n geskenkie op die rak.
Kom gooi maar eerder 'n geldjie in ons spaarvarkie.
Ons sal aan julle dink terwyl ons op die strand uitspan.
Sien bank besonderhede
RSVP
KOM VIER
saam met ons
RSVP asseblief voor of op 31 Augustus 2024
Ons vra asb dat elke gas die vorm individueel sal invul met u keuse van voorgereg en hoofgereg.
bottom of page